Verswakte Sorgsentrum en Alzheimer-Eenheid

Verswakte Sorgsentrum

Die Herfsakker-ouetehuis het ‘n verswakte sorg-eenheid, wat 32 inwoners kan akkommodeer. Die eenheid bied sub-akute verplegingsdienste aan verswakte ouer en gestremde persone. ‘n Hoof professionele verpleegster, vier professionele verpleegsters en ‘n span van die hulpverpleegsters, bygestaan deur gesondheidswerkers, staan aan die hoof van die verswakte sorg-eenheid. Al ons professionele verpleegkundiges het baie jare ondervinding in geriatriese verpleegsorg.

Die hoofdoel van die verswakte sorg-eenheid is om die kwaliteit van lewe te verbeter en om die waardigheid van die erg verswakte ouer- of gestremde persoon te handhaaf. Pasiënte word gehuisves in enkel- , twee- of vier-bed kamers. Ablusiegeriewe word gedeel. Pasiënte ontvang hulp met al daaglikse, normale aktiwiteite soos eet, bad, om aan te trek, ens. Alle pasiënte word behandel volgens aanvaarbare verplegingsplanne, -riglyne, -beleide, -standaarde en -praktyke. Alle medikasie toegedien, word gemonitor deur ‘n gekwalifiseerde, professionele verpleegster.

Alzheimer-Eenheid

Die Herfsakker-ouetehuis beskik oor ‘n gespesialiseerde eenheid wat voorsiening maak vir die spesiale behoeftes van persone met Alzheimer-siekte. Die eenheid is apart van die ander geriewe van die huis en kan 13 inwoners huisves. Elke inwoner het sy of haar eie slaapkamer. Die ablusie geriewe word gedeel. Hoewel die siekte ‘n progressiewe siekte is, is dit van die uiterste belang om die pasiënte se waardigheid te alle tye te handhaaf.
Dit is ons doel om ons inwoners te beskerm teen enige vorm van skade wat verband hou met die siekte. Ons doen dit nie net in hul fisiese behoeftes nie, maar betrek hulle ook in verskeie aktiwiteite om hul funksionering en emosionele welstand te optimaliseer. Die eenheid funksioneer onder die toesig van ‘n professionele verpleegkundige en ‘n span toegewyde gesondheidswerkers.
Our Vision:

SAVF is a carrier of hope for people with social needs.

Our Mission:

As a national welfare organisation to render social services to individuals and families within the community in order to empower them to improve quality of life.

“Nobody grows old merely by living a number of years. We grow old by deserting our ideals. Years may wrinkle the skin, but to give up enthusiasm wrinkles the souls.” Samuel Ullman

SAVF Hersakker

013 741 1076
Contact US